• Skip to main content
  • Skip to header right navigation
  • Skip to site footer

Submit your local news to MyCapeTown HERE

  • WordPress
  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
  • LinkedIn
  • YouTube
  • Bluesky
My Cape Town

My Cape Town

Cape Town Community News and Events

  • Events
  • Daily News
  • Submit News
  • Dam Levels
  • Stratlec Shop
You are here: Home / Uncategorized / Skottel nie deel van vaste toebehore nie

Skottel nie deel van vaste toebehore nie

10 February 2010 by CapeTownNewsReader

Vandeesweek se leser wil van ons paneel weet of ‘n satellietskottel deel van ‘n huis se vaste toebehore uitmaak.

Hy is in die proses om ‘n huis te koop en het opgelet dat die verkoper die skottel verwyder het. Die verkoopsagent het hom meegedeel dat die verkoper ‘n DSTV-kontrak het en dus geregtig is om dit af te haal.

Die leser wil weet of dit wettig is.

Schalk van der Merwe
Schalk van der Merwe

Schalk van der Merwe van Rawson Properties Helderberg sê wanneer iemand ‘n eiendom koop, sal die kontrak normaalweg stipuleer dat dit verkoop word met alle vaste toebehore van ‘n permanente aard.

“Dit sluit items soos ligte en permanente ligskerms, blindings, gordyn- en handdoekreëlings, badkamerkassies ensovoorts in.”

Van der Merwe sê dit kan egter ook items insluit wat strenggesproke los van die eiendom is, soos byvoorbeeld swembadtoerusting, ‘n “wendy”-huis en kroegstoeltjies.

“Indien ‘n eiendom as ‘n lopende saak verkoop word, byvoorbeeld ‘n gastehuis, sal selfs items soos linne, gordyne en meubels heel moontlik deel uitmaak van die transaksie.”

Somtyds kan dit ook die geval wees dat items wat wel aan die eiendom vasgeheg is, nie as vaste toebehore beskou word nie, aldus Van der Merwe.

“Voorbeelde hiervan is ‘n satellietskottel, ‘n plasma-televisie wat teen ‘n muur gemonteer is, of ‘n geraamde spieël wat as ‘n ornament dien.”

Van der Merwe sê dis duidelik dat die lys van items wat as vaste toebehore beskou sal word, nie geslote is nie en dat die praktyksgebruike en hofuitsprake wat tot dusver gegee is, slegs riglyne daarstel.

“Die antwoord op die vraag oor of ‘n item van ‘n vaste aard is of nie is nie so eenvoudig soos om te vra of dit los of vas van die eiendom is nie, maar sal eerder afhang van die feite en omstandighede van elke transaksie.”

Lucille Geldenhuys
Lucille Geldenhuys

Lucille Geldenhuys van Lucille Geldenhuys Prokureurs op Stellenbosch sê daar mag somtyds, as gevolg van hul subjektiewe interpretasies, ‘n verskil in opinie wees tussen ‘n koper en verkoper met betrekking tot of ‘n sekere item van ‘n vaste aard is of nie.

“Dit is dus duidelik dat die partye die kwessie van watter aanhegtings permanent is, behoorlik moet deurdink en dokumenteer. Die eenvoudigste manier om onsekerheid te vermy, is om in die koopkontrak ‘n lys in te sluit van items wat ingesluit is in die transaksie, en spesifiek items waaroor daar onduidelikhede mag ontstaan.”

Geldenhuys sê indien ‘n spesifieke item nie gelys is nie, is die toets wat gevolg moet word om te bepaal of dit ‘n permanente aanhegting is, om te kyk na: die doel daarvan, die manier waarop dit aangeheg is, of dit relevant is tot die wyse waarop die eiendom gebruik word en wat die bedoeling van die verkoper was toe die aanhegting gemaak is.

“Hoewel daar teenstrydige opinies is oor of satellietskottels resorteer onder permanente aanhegtings of nie, is die meer aanvaarde opinie dat ‘n verkoper nie een sou installeer met die bedoeling dat dit permanent geïntegreer raak met die gebou nie aangesien dit ‘n integrale deel van ‘n DSTV-stelsel vorm.”

Geldenhuys sê die verkoper sou, by gebreke aan enige kontraktuele ooreenkoms met die leser tot die teendeel, wel geregtig wees om die skottel te verwyder.

Stuur jou eiendomsverwante vrae na coetzee[at]fullstopcom.com.

[ad#Google Adsense 234×60]

Category: Uncategorized

you may also love

Cape Town Image: U13 Hockey Vs Fish Hoek

A Cape Town Fish Hoek tagged image from photographer – Sun Valley Group of Schools as published on Flickr. U13 Hockey …

Cape Town Lens: Hout Bay

A Cape Town Hout Bay tagged image from photographer – girolame as published on Flickr. Hout Bay Image by …

Cape Town Lens: Camps Bay #3

A Cape Town Camps Bay tagged image from photographer – Jeremie R as published on Flickr. Camps Bay #3 Image by Jeremie …

Unauthorized VIP protection and golden handshakes bleed taxpayers dry in ANC-led Theewaterskloof

Dear Editor In the Theewaterskloof Municipality unlawful expenditures are bleeding the municipality dry. In a time where the …

About CapeTownNewsReader

A catch all for the many contributors to My Cape Town – thank you for submitting your Cape Town news HERE.

Previous Post:Ikey Tigers break Pukke hoodoo
Next Post:Docs puzzled over quake survivor

Copyright © 2026 · My Cape Town · All Rights Reserved · Powered by Reach Trust