• Skip to main content
  • Skip to header right navigation
  • Skip to site footer

Submit your local news to MyCapeTown HERE

  • WordPress
  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
  • LinkedIn
  • YouTube
  • Bluesky
My Cape Town

My Cape Town

Cape Town Community News and Events

  • Events
  • Daily News
  • Submit News
  • Dam Levels
  • Stratlec Shop
You are here: Home / Uncategorized / Kommissie op herverhuring in kontrakte aangespreek

Kommissie op herverhuring in kontrakte aangespreek

16 November 2009 by CapeTownNewsReader

Ons paneel het ’n opvolgvraag na aanleiding van ’n onlangse artikel oor verhurings ontvang – dié keer van ’n verhuringsagent.

Die agent sê nadat die oorspronklike termyn van een van sy huurkontrakte verval het, het die huurder en huiseienaar ’n privaatkontrak vir ’n verlenging gesluit.

Hy vergelyk dit met wanneer ’n kliënt agter ’n agent se rug ’n koopkontrak met ’n verkoper sluit nadat dié twee partye deur die agent aan mekaar voorgestel is.

Die agent wil weet of hy in dié geval steeds op kommissie geregtig is.

Schalk van der Merwe
Schalk van der Merwe

Schalk van der Merwe van Rawson Properties Helderberg sê wanneer ’n eiendom deur ’n verhuringsagent verhuur word, is dit normale praktyk dat daar ’n kontrak tussen die eienaar en agent opgestel word. “Dié tipe kontrak, wat as die verhuringsmandaat bekend staan, beskryf die omvang van die verhouding tussen die eienaar en die agent.”

Van der Merwe sê die mandaat bepaal watter funksies die verhuringsagent namens die eienaar sal uitvoer, byvoorbeeld om ’n gepaste huurder te vind, die huurkontrak op te stel en te laat teken, die huur in te vorder en te reël vir herstelwerk aan die eiendom.

“Die mandaat moet stipuleer wat die verhuringsagent se vergoeding sal wees, watter dienste daarvoor gelewer sal word en of dit vir die eienaar moontlik is om die agent se mandaat tydens die huurtermyn te beëindig.”

Hy sê die mandaat kan verder ook bepaal of die eienaar ’n vergoeding aan die agent sal moet betaal indien die eiendom, na verstryking van die aanvanklike termyn, weer aan dieselfde persoon verhuur word en, indien wel, wat die vergoeding sal wees.

“Die mandaat sal aantoon wanneer die verhuringsagent se mandaat verstryk,” sê Van der Merwe. “Dit kom gewoonlik tot ’n einde wanneer die aanvanklike huurkontrak verstryk.”

Ten einde te verseker dat beide die eienaar en die agent se regte en belange beskerm word, en in die belang van ’n deursigtige verhouding, kan die noodsaaklikheid van ’n eenvoudige en duidelike skriftelike mandaat nie oorbeklemtoon word nie, aldus Van der Merwe.

Lucy Geldenhuys
Lucille Geldenhuys

Lucille Geldenhuys van Lucille Geldenhuys Prokureurs op Stellenbosch waarsku dat tensy die eienaar met die agent ooreengekom het dat laasgenoemde weer op ’n vergoeding geregtig sal wees indien die termyn verleng word, of indien ’n nuwe kontrak tussen hulle tot stand kom, sal die agent nie noodwendig op ’n vergoeding vir die nuwe termyn kan aanspraak maak nie.

“Party verhuringsagente verkies om in die huurkontrak ’n klousule in te voeg wat stipuleer dat indien die eiendom weer aan dieselfde huurder verhuur word, of indien die huurder die eiendom koop, die agent op kommissie geregtig sal wees.”

Geldenhuys sê die rede vir die invoeging van dié bepaling in die huurkontrak eerder as in die verhuringsmandaat, is om dié voorwaarde ook onder die aandag van die huurder te bring en laasgenoemde kontraktueel daartoe te verbind. “Indien die partye op so ’n bepaling ooreengekom het, sal die agent dit kan afdwing.”

Geldenhuys sê indien die mandaat of die huurkontrak egter nie die situasie aanspreek nie, volg dit nie outomaties dat die agent op ’n vergoeding geregtig is nie, en sal dit nodig wees om die feite van die betrokke geval te ondersoek ten einde te bepaal of die agent die effektiewe oorsaak van die transaksie was.

“Indien ’n mens sou aanvaar dat daar nie ’n mandaat tussen die leser en die huiseienaar was wat herverhuring aan dieselfde huurder aanspreek nie, sal die leser tien teen een nie op ’n vergoeding geregtig wees nie.”

Stuur jou eiendomsverwante vrae na coetzee[at]fullstopcom.com.

[ad#Google Adsense 234×60]

Category: Uncategorized

you may also love

Metmar buys into Zimbabwe chrome

Metmar is expanding its resources portfolio by investing in a Zimbabwean alloys company with a neglected chrome …

Cancellation of environmental tenders puts 17 000 jobs at risk

Dear Editor The DA will write to the chairperson of the parliamentary portfolio committee on environment, forestry and …

More Certainty About Gas

THE Cape Chamber of Commerce says it welcomes the fact that regulations on the sale of Liquid Petroleum Gas (LPG) are to be …

President should veto job-destroying Employment Equity Amendment Bill

Dear Editor The DA has written to the President, urging him not to sign the job-destroying Employment Equity (EE) Amendment …

About CapeTownNewsReader

A catch all for the many contributors to My Cape Town – thank you for submitting your Cape Town news HERE.

Previous Post:Busy Weekend for NSRI
Next Post:Backsberg Picnic Concert Series

Copyright © 2026 · My Cape Town · All Rights Reserved · Powered by Reach Trust